EntertainmentLifestyle

Groentjie leer vlieg onder wakende oë van pleegma

Die voëltjie is gering, gemeet en geweeg en ook tot ‘Hoepelina’ gedoop.

Die hoep-hoep wat eens spertye by die Standerton Advertiser meegemaak het, kan nou vlieg.

Sy pik-pik reeds na ’n wurm en haar eerste vlug, weg van die wakende oë van haar pleegma, is op 15 Oktober bevestig.

Die voëltjie is gering, gemeet en geweeg en ook tot ‘Hoepelina’ gedoop.

’n Werknemer het haar huis toe geneem waar sy snags in ’n hokkie in die huis slaap en bedags op ’n welige grasperk haar instinkte kan laat oorneem.

Hoepelina het ook die slag bemeester om van die dak af op pleegma se skouers te land.

’n Mens kan net hoop dat pleegma in die nabye toekoms, as Hoepelina besluit om in die natuur te gaan oorleef, besoeke kan verwag.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button