
BETHAL – Die tentkerk, Huis van Gebed op Bethal, bied Saterdag, 27 Oktober ’n pretdag by die kerk in Bangleystraat aan.
Dit begin om 10vm en duur tot 4nm. Verskeie aktiwiteite word vir kinders beplan en eetgoed sal te koop wees.
Die kinderaktiwiteite sluit in ’n spookhuis, kettieskiet, skyfskiet, blikkies gooi, ringe gooi, vissievang, padda-resies en elektriese ring.
Daar gaan pannekoek, hamburgers, pizza, kerrie en rys, poedings, spiraalaartappels, koeldrank, worsrolle en stokkies vleis te koop wees.
Daar is nog uitstalruimte beskikbaar teen R100 per stalletjie.
Vir meer inligting, skakel me. Xenia Pelser by 065 825 2914 of 082 520 7549.



