EntertainmentLifestyle

Rondekerk vier fees met Andries Vermeulen

Fees bied vermaak vir oud en jonk

SECUNDA – Andries Vermeulen tree Vrydag, 26 Oktober by die Rondekerk op as deel van dié kerk se Rondefees.

Sy vertoning begin om 6nm en kaartjies kos R250 per persoon en sluit potjiekos in.

Die Rondefees begin amptelik die Saterdagoggend (27 Oktober) om 9vm en daar gaan onder andere ’n baba-, peuter- en kleuterkompetisie wees, trompoppies, ’n Lollos- en Lettie-vertoning en ’n ‘My Man Kan’-kompetisie.

Daar gaan eetgoed wat kerrie en rys, pannekoek, hamburgers, sosaties en boereworsrolle insluit, verkoop word.

Daar gaan ook vermaak vir die kinders wees in die vorm van grootglybane, branderplankritte en sandputte.

Vir meer inligting, skakel me. Ilana Coetzer by 079 772 6933 of ds. Mariëtte Stopforth by 071 403 2679.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button