EntertainmentLifestyle

Gizzelle Uys raap skoonheidstitel op

“Beoordelaars kyk na natuurlike skoonheid, selfvertroue en tot ’n mindere mate na tegnieke op die loopplank.

Gizzelle Uys is geen vreemdeling wat die inryg van skoonheidskompetisietitels aanbetref nie en het onlangs met die louere by die Mej. Gauteng-beoordeling in Meyerton weggestap.

Dié oud-leerling van Hoërskool Standerton is in 2015 in haar matriekjaar as Mej. SHS gekroon en is nou in haar finale jaar by die Universiteit van Pretoria om Erfenis en Kultuurtoerisme agter haar naam te skryf.

Moontlik sou vroeëre reise na onder meer Hollywood, Los Angeles die saadjie geplant het vir haar beroepskeuse.

“Ek wil graag my eie reisagentskap hê en die wêreld sien,” het sy laat blyk.

Met ma Marcha wat haar touwys in haar modelskool gemaak het, is Gizzelle reeds van vyfjarige ouderdom aan die mededingende skoonheids- en modelindustrie voorgestel en verfyn tans ook tegnieke by ’n modelskool in Pretoria.

Lees die volledige berig in die Standerton Advertiser.

 

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button