Kosmos Aftree-oord hou basaar
Weens stygende lewenskoste word dit al moeiliker om die standaard van hul dienste aan die bejaardes vol te hou en geldinsamelingsprojekte word dus van stapel gestuur.
Die Kosmos Aftree-oord beplan om op 2 November met die hulp van al hul onderskeie komitees en gemeentes betrokke ’n basaar aan te bied.
Soos gewoonlik sal daar ‘n groot verskeidenheid stalletjies wees.
Dié nie-winsgewende organisasie kan 70 inwoners in die sorgsentrum versorg, asook 75 mense in woonstelle huisves.
Weens stygende lewenskoste word dit al moeiliker om die standaard van hul dienste aan die bejaardes vol te hou en geldinsamelingsprojekte word dus van stapel gestuur.
Die publiek word genooi om die dag saam met die inwoners en getroue ondersteuners van die tehuis te kom geniet.
Enigeen wat ’n geldelike bydrae wil maak, kan dit in hulle Standard Bank-rekening 030 977 134, met takkode 052 943, inbetaal.