EntertainmentLifestyle

Hervormde Kerk Ermelo nooi almal na hul Kerssangdiens saam met André Schwartz

Die enigste lied wat nie geprojekteer gaan word nie is Lied 510, Genade onbeskryflik groot. Hierdie lied gaan in totale donkerte gesing word.

André Schwartz, een van Suid Afrika se bekendste en gewildste kunstenaars gaan binnekort deel wees van die Hervormde Kerk Ermelo se Kerssangdiens.

Die diens vind Sondag, 11 November om 6.30nm by die Hervormde Kerk op die hoek van McDonald- en De Jagerstraat plaas.

Hierdie Kerssangdiens het oor die jare gegroei tot een van die grootste dienste in Ermelo. Dis ‘n erediens in die vorm van Woord en Lied.

Die gemeente se orrelis, Engela Franken is een van die bestes in die besigheid.

“Kombineer uitstekende orrelspel met die vreugde van Jesus se geboorte, mense wat wil sing en die stem van André Schwartz en jy gaan hoendervleisoomblik op hoendervleisoomblik beleef.” het dr. Piet van Zyl gesê.

Die Kerssangdiens van die Hervormde Kerk het ‘n baie gewilde geleentheid op die jaarlikse kalender van Ermelo geword.

Al die liedere wat gesing word, sal op ‘n skerm geprojekteer word.

Die enigste lied wat nie geprojekteer gaan word nie is Lied 510, Genade onbeskryflik groot. Hierdie lied gaan in totale donkerte gesing word.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button