EntertainmentLifestyle
Vroue Landbou Unie (VLU) Talento Mulher-tak bied boeredans by skougronde aan
Die boeredans is deel van die vroue se geldinsamelings vir die kongres wat vroeg in die nuwe jaar deur die tak aangebied word.
Die Vroue Landbou-unie (VLU) Talento Mulher-tak bied Vrydagaand, 16 November ‘n boeredans by die Henmar Jacobs saal op die skougronde aan.
Die tak se vroue nooi graag die gemeenskap om die aand saam met hulle te kom spandeer.
Die boeredans is deel van die vroue se geldinsamelings vir die kongres wat vroeg in die nuwe jaar deur die tak aangebied word.
Daar sal Kerrie en Rys asook Hamburgers te koop wees. Lede word versoek om hulle eie drinkgoed saam te vat.
Vir meer inligting kontak me. Ans Barnard by 078 849 4995 of me. Sue Nell by 084 889 8597.