EntertainmentLifestyle

Kom dans vir die diere op Valentynsdag

Die tema vir die aand is "Hart vir Pote" en almal wat dit bywoon moet iets rooi aantrek.

TRICHARDT – Die Hoëveldrif DBV en Feral Watch TNR neem hande op 16 Februarie om ‘n onvergeetlike aand van lekker dans en kuier by Mynland aan te bied.

Dit vind plaas om geld vir dié nie-winsgewende organisasies in te samel.

Die tema vir die aand is “Hart vir Pote” en almal wat dit bywoon moet iets rooi aantrek.

Kaartjies is R100 per paartjie of R50 per persoon, en R30 per kind.

Die aand sal ook verrassings opdis in die vorm van gelukkige trekkings.

Besoekers kan ook ‘n lekkergoedkroeg en ‘n foto-kiosk verwag.

Daar sal ook borde eetgoed vooraf bestel kan word en ‘n kontantkroeg sal beskikbaar wees.

Vir meer inligting, skakel me. Chanelle Oosthuizen by 072 541 9634 of Lizanne Roos by 082 821 7525.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button