EntertainmentLifestyle

Speel gholf, luister na musiek of gaan eet uit in die Secunda Mall om Ruan van Deventer te ondersteun

’n Groot insamelingsfunksie in Secunda Mall word vir Dinsdagaand, 12 Februarie beplan.

SECUNDA – Drie groot projekte waarmee daar gepoog word om geld in te samel om ‘n ernstig beseerde mnr. Ruan van Deventer, sy ouers en sy verloofde by te staan, word vir hierdie naweek beplan.

Mnr. Van Deventer (28) is ernstig in motorongeluk wat op 19 Januarie in Cambornestraat, Evander, gebeur het, beseer.

Hy het erge hoof- en gesigbeserings opgedoen en is tans in die Union Hospitaal in Alberton se waakeenheid.

Sy verloofde met wie hy vandeesmaand sou trou, me. Kayleigh van Rensburg, en sy ouers, mnr. André en me. Karen van Deventer waak by sy bed.

Sy vriendekring het ingespring en verskeie gebeure gereël om hulle finansieël by te staan.

‘n Gholfdag word op Vrydag, 8 Februarie by Walker Park Gholfklub aangebied.

Die kompetisie sal in die vorm van ‘n beterbal-scramble gespeel word. Dit kos R200 per speler om in te skryf.

Vir meer inligting, skakel vir Mary-Jade by 074 259 1788 of 072 152 8634.

Die Round Table bied ‘n musiekkonsert by Stoepstories aan as ‘n geldinsamelingsprojek op Saterdag, 9 Februarie.

Clint & Co gaan die gehoor vermaak met die musiek van Creedence Clearwater Revival.

Dié vertoning begin om 8.30nm en kaartjies kos R100 elk.

Om tafelbesprekings te doen, skakel 082 759 3601.

‘n Groot insamelingsfunksie in Secunda Mall word vir Dinsdagaand, 12 Februarie beplan.

Die eienaars van Oregon Spur, Panarotti’s en John Dory’s gaan dié aand saamstaan om vir mnr. Van Deventer te ondersteun.

ShoNeill sal die aand optree, The Fudge Queen gaan sorg vir allerlei soetgoed, en daar sal ook verskeie pryse gewen kan word.

Ondernemings en individue wat bydraes wil maak, kan vooraf geskenkbewyse vir die ‘bars-‘n-ballon-projek’ skenk.

Ballonne sal die aand te koop wees met allerhande lekker pryse. Die geld wat met die ballon-verkope ingewin word, sal agebruik word om die fonds te versterk.

Lees ook:

https://www.citizen.co.za/ridge-times/131386/evander-ingieneur-ernstig-beseer-motorongeluk-weke-voor-sy-troue/

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button