Advertiser-personeel kondig wenners van Valentynsdag-kompetisie aan
’n Voëltjie is gehoor fluit dat ’n interne oudit voorhande is.
Die redakteur en kantoorbestuurder het as wenners uit die stryd getree met die personeel van die Standerton Advertiser se Valentynsdag-kompetisie.
Elke personeellid moes kyk hoeveel advertensies kon vir dié spesiale dag verkoop word.
Nie dat ’n mens uit die slaapkamer wil praat nie, maar mededinging, afguns, geheimhouding en moontlike onbehoorlike praktyke kon ’n rol gespeel het.
Mnr. Wayne van der Walt en me. Nalda Williams het rede om ingenome te wees, wagtend op die pryse, maar ’n voëltjie is gehoor fluit dat ’n interne oudit voorhande is.
Wat sê hulle nou weer van suur druiwe?
Mnr. van der Walt en me. Williams het al die adverteerders bedank.
“Ons is baie dankbaar vir die wen, maar ons wil net weer eens al ons kliënte, ongeag of hul die verkeerde ‘span’ ondersteun het, bedank vir hul toewyding jeens die Standerton Advertiser.”
Maak seker om die volgende uitgawe dop te hou, miskien is daar dalk ’n boodskap vir jou!



