Tolderia-pretdag hou feesgangers van vroegoggend tot laataand besig
Kinders het van vroegoggend in die water baljaar en die trapbootjies, roeibootjies en vlotritte geniet.
Feesgangers het die Tolderia-pretdag wat Saterdag, 2 Februarie plaasgevind het, geniet.
Die tweejaarlikse fees word deur die Hervormde gemeentes op Ermelo aangebied.
Vroegoggend het die feesgangers heerlike ontbyt geniet, terwyl die kosstalletjies deur die loop van die dag heerlike disse voorsien het.
Daar is voorsiening gemaak vir dag- en naweekbesoekers en almal wat met die Hoëvelder gepraat het, het met lof van die pretdag gepraat.
Kinders het van vroegoggend in die water baljaar en die trapbootjies, roeibootjies en vlotritte geniet.
Die jaarlikse swemkompetisie onder die leiding van me. Annalise Prinsloo het talle swemmers gelok.
Die 4×4-manne het weer die gebruiklike ritte onderneem terwyl die waaghalsiges die bande agter die bote en die glybaan aangedurf het.
Die lugvertoning deur die Pitts Specials het toeskouers na hul asems laat snak.



