EntertainmentLifestyle

Dr Schoombie spreek die individu in totaliteit aan

Hulle bied 'n voldagwerkswinkel op Standerton, op Saterdag 13 April, by Die Kliphuis aan.

Authentic-U Health and Lifestyle Enhancement Centre se tema vir die jaar is, “Wees lief vir jouself – dis pragtig, dis gesond.”

Hulle bied ‘n voldagwerkswinkel op Standerton, op Saterdag 13 April, by Die Kliphuis aan.

Die fasiliteerder by die geleentheid is dr. Felicity Schoombie, mediese dokter en pastorale terapeut, verbonde aan Authentic-U Health and Lifestyle Enhancement Centre.

“By Authentic-U Health volg ons ‘n holistiese benadering om gesondheid te bevorder, dus fokus ons op die liggaam, siel en gees van die mens. Liefde is die grondslag van genesing, maar hoe moet ek vir myself liefde gee wat my gesondheid positief sal beïnvloed? Antwoorde op hierdie vrae en praktiese riglyne in die verband sal breedvoerig tydens die werkswinkel bespreek word,” het dr. Schoombie in ‘n onderhoud gesê.

Dr. Schoombie het in 1980 as mediese dokter aan die Universiteit van Stellenbosch gekwalifiseer.

In 1999 behaal sy die graad MTh. Pastorale Terapie met Spesialisering in Berading; Cum Laude, aan Unisa. Sy was 20 jaar in privaatpraktyk en fokus die afgelope nege jaar op die bevordering van gesondheid deur lewenstylveranderinge toe te pas.

Dit is veral mense wat voorkomende wil optree en gesondheid wil bevorder asook mense met kroniese siektes soos hoë bloeddruk, suikersiekte, depressie en angsversteuring om net ‘n paar siektetoestande te noem, wat by hulle program baat sal vind.

Hierdie voldagwerkswinkel beloof om baie stof tot nadenke te bied vir diegene wat graag beter wil lyk, beter wil voel en beter wil funksioneer.

Vir meer inligting skakel Corlia by 076 637 5894.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button