Kosmos Aftree-oord nooi die publiek na hul basaar
’n Gemeenskapskomitee reël tans die basaar wat op 4 Oktober sal plaasvind en ’n Opedag op 5 Oktober word ook beplan, waar bome geplant sal word.
Kosmos Aftree-oord op Standerton se sake vorder op ‘n drafstap wat betref kombuisgeriewe wat opgradeer is tot die aanstelling van matrone Annatjie Steyn.
Volgens die bestuurder van die tehuis, mnr. Jack la Grange, het die bestuur die ondersteuning van al die inwoners.
“Ek sê dit nie ligtelik nie, maar die gety het gedraai,” het mnr. La Grange gesê.
‘n Gemeenskapskomitee reël tans die basaar wat op 4 Oktober sal plaasvind en ‘n opedag word vir 5 Oktober beplan, waar bome geplant sal word.
Kunswerke van die bejaardes sal ook uitgestal word wat te koop aangebied sal word.
Mnr. La Grange het bygevoeg dat die kerke nou betrokke by die reëlings is.
Inwoners se inisiatief om ‘n hidroponiese groentetuin te begin, met die hulp van ‘n onderneming op die dorp, word ook in die vooruitsig gestel.



