Dans vir die diere op Bethal
Kaartjies kos R150 elk vir volwassenes en R25 vir kinders jonger as 12 jaar

BETHAL – Die Bethal DBV gaan op 15 Februarie ‘n barnyard-dans by Jim van Tonderskool hou om geld vir dié dierewelsynsorganisasie in te samel.
Die lekker opskop het ‘n cowboy-tema en pryse sal uitgegee word vir die paartjie wat die beste uitrusting vir die aand aangetrek het.
Belangstellendes kan die aand hul eie piekniekmandjies, eetgerei, vleis en bykosse bring, of jy kan ‘n vleispakkie met die aankoop van jou kaartjie bestel en dit die aand by die organiseerders afhaal.
‘n Kontantkroeg sal die aand beskikbaar wees.
Die kinders sal ook baie pret kan hê met verskeie vermaaklikheid soos gesigverf en sprinkastele.
Kaartjies kos R150 elk vir volwassenes en R25 vir kinders jonger as 12 jaar.
Tafels sal 10 mense kan sit.
Die dans begin om 6nm.
Vir meer inligting of om kaartjies te koop, skale vir Dolores by 084 581 2976 of koop jou kaartjie by die DBV-kantoor.




