Local sport

Bethal-stoeiers blink uit by Ermelo-toernooi

Unicor Stoeiklub se stoeiers het by die vyfde Pumatjie en MSV-toernooi agt medaljes ingepalm en hul Pumatjie-span het tweede in die Geesbeker geëindig.

Unicor Stoeiklub se stoeiers het op 12 September aan die vyfde Pumatjie en Mpumalanga Stoei-vereniging (MSV)-toernooi in Ermelo deelgeneem en met verskeie medaljes huis toe gekeer.

Die Pumatjie-span het ook ’n tweede plek in die Geesbeker behaal. In die MSV-kompetisie het Nicholas Ludeke en Liam Jevon elk ’n goue medalje verower in onderskeidelik die vrystyl o6- en vystyl o7-afdelings.

Quintin Proudfoot het ’n silwer medalje in die vrystyl o9-afdeling behaal, terwyl Udo Dorfling twee silwer medaljes ingepalm het in die vrystyl o11- en Greco o11-afdelings.

Die brons medaljes is deur Jacques de Valence in die vrystyl o13-afdeling, Udo Dorfling in die Presidente-vrystyl o13-afdeling en Keallian Moh in die Presidente Greco o10-afdeling verower.


boy in a wrestling suit with a medal around his neck
Unicor Stoeiklub-stoeier Nicholas Ludeke het ’n goue medalje in die vrystyl o6-afdeling tydens die vyfde Pumatjie en MSV-toernooi in Ermelo verower. Foto: Verskaf

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Mphikeleli Masangu

I've been a journalist for 17 years, first as radio journalist and then print. I have a matric senior certificate and a community journalism certificate from the Unisa. I am a strong investigative, political, municipal and hard news journalist.

Related Articles

Back to top button