EntertainmentLifestyle

Marietjie Skool bied Valentynsdaggeleentheid aan met ete

Bederf jou geliefde op dié dag

SECUNDA – Marietjie Skool bied op Vrydagaand, 14 Februarie, ’n ‘Dinner on the Runway’ by die skool aan.

Dié spoggerige geleentheid begin om 6nm en kaartjies kos R500 per persoon en sluit ’n driegang maaltyd in.

Die drag is formeel.

Me. Annaretha Fourie, organiseerder, het gesê belangstellendes kan hulself gereed maak vir die ongewone.

“Hierdie is die ideale geleentheid vir ’n spesiale ondervinding saam met jou geliefde,” het me. Fourie gesê.

“Dit sal ’n lekker bederfaand wees asook ’n eksklusiewe Valentynsdaggeleentheid.

“Ons gaan ons gaste op ’n fyn beplande reis van smake neem en dit sluit ook uitstaande wynsoorte in.”

Vir meer inligting, of om jou plek te bespreek, skakel die skool by 017 631 1474 of me. Fourie by 082 410 0306.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button