EntertainmentLifestyle

Vergeet my nie begin op Valentynsdag draai

Besoek mall en kyk ’n fliek op Valentynsdag

SECUNDA – Die nuwe Afrikaanse fliek, Vergeet my nie, begin op Valentynsdag, Vrydag, 14 Februarie by Ster Kinekor in Secunda Mall wys.

Die romantiese liefdesverhaal is op ’n ware verhaal gebaseer en vertel die storie van Hugo en Mardeleen Derks van Namibië.

Sean-Marco Vorster en Marguerite van Eeden speel die hoofrolle en ander bekende akteurs wat in die fliek te sien sal wees, is onder andere Pietie Beyers, Amalia Uys, Elani Dekker en Fiona Ramsey.

Die fliek handel oor Mardeleen wat nadat haar hart gebreek is, haar tasse pak en in London gaan werk.

Hiér raak sy verlief op Hugo Derks wat in dieselfde huis as sy en drie ander Suid-Afrikaners woon.

Sy trek egter kleinkoppie en los Hugo in London terwyl sy terugkeer na Suid-Afrika.

Die twee se paaie kruis egter weer twee jaar later en Hugo nooi haar om vir hom op ’n plaas in Namibië te gaan kuier.

Sy geniet die naweek, maar weier eers as haar probeer oortuig om te bly en saam met hom ’n toekoms te bou.

Mardeleen verkies die liggies van die stad, nie die stil plaaslewe nie.

Die twee eindig later wel saam op in Namibië, nes die egpaar op wie die fliek gebaseer is.

Die Derks-egpaar woon vandag steeds in Namibië en het twee seuns.

 

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button