Die Ermelo Laeveld Jagtersvereniging (LJV) het op 17 Oktober ’n skietdag aangebied.
Die kompetisie het by die Klipfonteinskietbaan op die Amersfoort-pad plaasgevind.
Dawie Nieuwenhuis het as die wenner in die senior-skutafdling weggestap, met Lourens Holtzhausen in die tweede plek en Ernst Fourie derde.

In die vierde plek was Johan Theron en Marius Grobbelaar het die vyfde plek ingeneem.
Izanda Erasmus het die vroue-afdeling gewen, met Laetitia van Rooyen in die tweede plek.
By die veteraan-afdeling het Pieter Ackerman die eerste plek ontvang, met Dirk Snyman tweede en Da Costa Klonaris derde.
Loutjie Holtzhausen het die junior-afdeling gewen, met sy naamgenoot Loutjie Theron in die tweede plek.

Tydens elke skietdag word daar ’n gelukkige trekking gehou en Laetitia van Rooyen was die wenner van dié trekking.
Die klub se volgende skietdag sal op 14 November plaasvind.
Vir meer inligting oor die skietklub, kontant me. Santie Rautenbach, Ermelo Laeveld Jagtersvereniging se seketaresse, by 071 674 8178.





