Leerders skenk bloed op Bethal

Bloeddiens staan twee dae by skool op Bethal.

BETHAL – Leerders van Jim van Tonderskool het op 13 en 17 Mei en bloed geskenk toe die Bethal-tak van die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) ’n mobiele bloedbank by die skool gehad het.

Leerders het altesaam 72 eenhede bloed geskenk en sowat 210 lewens kan gered word met dié hoeveelheid eenhede.

Me. Madeleine Kruger, hoof van Jim van Tonderskool, het gesê die leerders se ywer om bloed te skenk is merkwaardig omdat net 1% van die bevolking skenkers is.

“Dit was lekker om ’n positiewe bydrae tot die gemeenskap te kan lewer,” het me. Kruger gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button