Kosmos Aftree-oord op Standerton maak voorsiening vir watertekort
Die ouetehuis het tans vyf 5 000l tenks en vier pompe nadat donasies ontvang is.
Terwyl Standertonners erge wateronderbrekings ondervind het, het twee vroue besluit om werk van die saak te maak om Kosmos Aftree-oord te help.
Mee. Cornelia Kleynhans en Nelene Bester se paaie het op Facebook gekruis nadat die water op die dorp vir 10 dae af was.
Een goeie Dinsdagaand is ’n plan beraam en ’n geldinsamelingsprojek is van stapel gestuur.
’n Vergadering is belê en ’n plaaslike loodgieter se kundigheid is ingewin.
Die tehuis het tans vyf 5 000l tenks en vier pompe nadat donasies ontvang is.
“Die gemeenskap se harte is oop, veral as die outehuis ter sprake is,” het me. Bester gesê.
Volgens me. Kleynhans, is daar nog skenkings uitstaande.
“Baie dankie aan almal wat reeds bygedra het,” het me. Kleynhans gesê.



