Secunda VLU-tak vergader weer na inperking
Belangstellendes is welkom om volgende vergadering op 1 September by te woon.
Vroue van die Secunda VLU-tak het op Woensdag, 4 Augustus bymekaar gekom na die inperkingsmaatreëls en me. Lettie Visser het vroue meer vertel van kant.
Sy het gesê kant het sy oorsprong gehad deurdat grasse, riete of dierevesel inmekaar gebind is en weens die waarde van kant, was die smokkelhandel daarvan erger as vir whiskey in die 1930s.
Me. Rosa en me. Alma Black het handgemaakte items vir die VLU se maandelikse kompetisie ingeskryf en goed gevaar.
Die Secunda VLU-tak vergader weer op Woensdag, 1 September om 09:30 in Die Rots by die N.G. Kerk Secunda-Oos/Goedehoop-gemeente.
Belangstellendes is welkom om dié vergadering by te woon.
Vir meer inligting, skakel me. Launa Jansen van Vuuren by 061 065 7417.




