Sundra ploeg die lente in

Met Suid-Afrika steeds in die wurggreep van inperking weens die Covid-19-pandemie is gesellighede en kuier in die gemeenskappe maar aan die skraps kant. ’n Plaaslike onderneming op Sundra het op Saterdag, 4 September, die hekke so bietjie oopgegooi en kon besighede uitstal en besoekers ietsie lekker eet en vermaak geniet. By die hekke was daar …

Met Suid-Afrika steeds in die wurggreep van inperking weens die Covid-19-pandemie is gesellighede en kuier in die gemeenskappe maar aan die skraps kant.

’n Plaaslike onderneming op Sundra het op Saterdag, 4 September, die hekke so bietjie oopgegooi en kon besighede uitstal en besoekers ietsie lekker eet en vermaak geniet.

By die hekke was daar die ‘nou normale-toegangsbeheer’ van temperature neem en hande ontsmet aan die orde van die dag.

Verskeie ondernemings en handewerk was tentoongestel en daar was iets vir almal, oud en jonk.

Die kleingoed het heerlik baljaar op The Cup Above in Witbankweg se speelgronde, gesigte was geverf en hare kleurvol gespuitverf.

Die manne het hulle behoorlik vergaap aan die uitstalling en verskeidenheid van klassieke spogmotors uit vervloeë dae en ander vuurwaens. Daar was ook ’n motorfietsuitstalling.

Daar was eetgoed vir elke honger maag en drinkgoed vir elke dors keel en geeneen het honger of dors gelei op hierdie heerlike warm, maar winderige dag in September nie.

Om 12:00 het die Mej. Cup Above-kompetisie afgeskop en was die wenners aangewys.

Ander pryse wat operaap was, was onder andere die beste stalletje van die dag en meer.

Aan vermaak was daar geen tekort nie en besoekers was deur Armand Hofmeyr, Jacques van Vuuren en Henri Alant vermaak en daar was heerlik saam gesing en selfs ’n paar danspassies gemaak.

“Dankie is ’n klein woordjie, maar ek wil tog elkeen bedank wat deel was van Cup Above se Ploeg Lente Dag. Dankie vir elkeen se bydrae, hulp, beplanning en ondersteuning,” het mnr. Hannes Spies gesê.

“Elkeen van die Cup Above-span en Patcha Tyres, baie dankie vir julle harde werk om die dag vir die gemeenskap ’n groot sukses te maak,” het me. Annalee Fourie laat hoor.

Mnr. Theo Visser en me. Olivier het ook in besonder vir mnr. Wynand Brits, mnr. Alan Lotriet, mnr. Halvor van Rensburg en mnr. Louis Kleynhans vir die puik motor- en motorfietsuitstalling bedank.

“Baie dankie vir die gemeenskap se ondersteuning en besonderse dank aan elkeen wat uitgestal het, sonder elkeen van julle sou die dag nie moontlik gewees het nie.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button