Bateleur Agri kraai koning op Standerton se rolbalbaan
Dit was rolbal op sy beste tydens die Standerton Rolbalklub se Donderdagliga op 26 Maart.
Spelers was behoorlik aan die rol tydens die Standerton Rolbalklub Donderdagliga wat op 26 Maart plaasgevind het.
Met strawwe kompetisie en goeie samesyn op die bane, het plaaslike spanne gewys waaroor hierdie gewilde sport gaan.
Die span van Bateleur Agri het as die dag se wenners uit die stryd getree. Die wenspan het bestaan uit Kai en Shani Daniels, saam met Jeanne en Louis Bibbey (skip).
In die tweede plek was Span Sosi, bestaande uit David Armitage (skip), Alistair Armitage, Kevin Armitage en Nico Badenhorst.

Hulle is gevolg deur die span van BKB in die derde plek, verteenwoordig deur Gerhard Moll, Tielie Crawford, Pieter Britz en Ocker Britz.
Noran Dorr is aangewys is as die Speler van die Donderdagliga vir sy uitstaande spel. Die Standerton Rolbalklub is meer as net ’n sportklub; dit is ’n unieke gemeenskapservaring.
Die klub nooi alle nuwe lede en belangstellendes om betrokke te raak en self die sport te beproef.
Vir enige navrae of meer inligting oor hoe om aan te sluit, kan Hennie Pretorius gekontak word by 082 857 7302.


ALSO READ: Mense geniet Boer en Britdag op Val
ALSO READ: Teams vie for top spots in Secunda action netball league finals



