Gholfspelers van Standerton Gholfklub het op 6 Junie op hul tuisveld in die maandelikse beker-toernooi meegeding en hul Ou Toppies en ‘Spring Chicken’-gholfspelers het die klub in netliga-wedstryde verteenwoordig.
Gerrit Coetzee was die wenner van die Beker A-divisie in die maandelikse beker-toernooi terwyl Attie Mouton die Beker B-divisie gewen het.
Johan Brink het tweede in die Beker B-divisie geëindig terwyl Patrizia Lombard die B-divisie gewen het, Desmond Visser die C-divisie en Alma Tonkin die C-visie en J pot. Andrea Hipkin het tweede in die C-divisie geëindig.
Standerton se Ou Toppies het by Ermelo Gholfklub met Witbank B kragte gemeet terwyl die ‘Spring Chickens’ op Bethal met Graceland Gholfklub se spelers kragte gemeet het.

Standerton se Ou Toppies het Witbank B met 6 – 0 geklop. Die Ou Toppies se drie spanne wat uit Aldo Arnoldi en Herman Mynhardt, Wessel van der Merwe en Casper Roux en Joret en Mark Nortjé bestaan, het elk twee punte aangeteken.
Standerton se Ou Toppies dring deur na die halfeindronde wat op 20 Junie by Kriel Gholfklub plaasvind.
Die ‘Spring Chickens het met ’n telling van 5 – 3 teen Gracleand verloor.
Een van die ‘Spring Chickens’ se spanne, Louis Bibley en Jacques Erasmus, het twee punte aangeteken, terwyl Werner Mouton en Kobie Coetzee en punt aangeteken het en PJ Venter, Corus van Rensburg en NT Venter en Drikus Degenaar, hul wedstryde verloor het.






