KYK: Frikkie die oorpak-verskrikker van Secunda “baklei terug”

"Frikkie het lekker gat geskop," het me. Boucher gesê.

Frikkie, die opgestopte oorpak wat al vir ‘n paar jaar in die boom voor die Boucher-egpaar van Secunda se huis hang, het op 11 Junie ‘n “aanvaller” platgetrek.

Ridge Times het voorheen ‘n berig gedoen oor die anderse kunswerke in mnr. Renier en me. Sonia Boucher se tuin. Elk van hierdie lewensgrootte beelde het ook name, onder meer Frikkie wat in die boom hang.

Me. Boucher het Vrydagaand se “aanval” wat hul veligheidskamera opgeneem het, aan Ridge Times gestuur.

Hierop kan gesien word hoe ‘n motor verby ry, stop en dan in tru-rat terug beweeg.

Twee mense klim dan uit die motor en  wil vir Frikkie as ‘n slaansak gebruik, maar sommer na die eerste hou val Frikkie uit die boom bo-op een van die mense.

Hulle besluit toe maar om die aftog te blaas.

“Frikkie het lekker gat geskop,” het me. Boucher gesê.

Die oorpak het darem nie te sleg afgekom nie en sal weer binnekort op sy pos wees.

Back to top button