Local newsNews

Sekuriteitsmaatskappy se Mandela-dag amper ‘n fiasko

Glipsie laat maatskappy vir 70 minute rondskarrel.

Protea Coin Sekuriteitsgroep se hoofkantoor het daarop aangedring dat – nes duisende ander besighede – hul takke ook Madiba se verjaardag moet vier maar toe maak die Florida tak ‘n “glipsie”.

Die maatskappy wat kos en klere in onder andere Soshanguve, Atteridgeville en Mamelodi gaan uitdeel het en in elk geval baie by die gemeenskap betrokke is, het half komies ‘n kinkel in hulle Mandela-dag vieringe gekry.

Wat volgens besigheidsontwikkelingsbestuurder Vanessa Maré as ‘n misverstand beskryf word, is daar op die oggend nie vir die kaartjie voorsiening gemaak nie en moes sy en haar besturende direkteur bontstaan om die reuse plakaat aan mekaar te slaan “want hulle is tog ook trotse Suid-Afrikaanse burgers”.

“Ons het soos mal mense geskarrel,” lag Vanessa.

“Dit was letters uitdruk op die rekenaar, rondjaag om die verskillende materiale te kry en toe nog ons reuse verjaardagkaartjie maak,” verduidelik sy.

“En,” voeg sy by “dit het ons net oor die 67 minute geneem!”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button