Local newsNews
Witpoortjie familie vier fees
Die Meyer-gesin van Witpoortjie vier vele verjaarsdae saam met hulle geliefdes.

Die Meyer-gesin van Witpoortjie beplan ‘n groot familiesaamtrek op 3 Augustus met baie om te vier.
Die gesin wil ‘n groot okkasie maak van onderskeidelik ‘n huweliksherdenking en vyf verjaarsdae.
Koos Meyer se vrou en suster word 76 – sy vrou Annatjie op 1 Augustus en sy suster Elsie Alberts op 31 Julie. Koos en Annatjie se dogter Lettie en haar man Jan Appelgryn vier hul huweliksherdenking op 31 Julie.
Koos word 80 op 3 Augustus. Sy kleindogter Melissa word 28 op 5 Augustus en agterkleindogter Marissa ‘n is drie jaar oud op 5 Augustus.
Elsie het die Record gekontak om vir almal geluk te sê en ‘n goeie jaar toe te wens.
“Ons is baie opgewonde oor die byeenkoms en ek wens regtig almal die grootste geluk en seën toe vir die jaar wat voorlê.”
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.