NewsSchools

Kruiners se groot koorfees is hier

Con Grazia sal by die geleentheid optree.

Die tyd het aangebreek vir een van Laerskool Helderkruin se grootste byeenkomste op hul kalender.

Op Vrydag 20 Junie bied die skool hul jaarlikse koorfees aan by die AFM Kerk in Noordheuwel om 7nm. Soos altyd beloof dit om vir groot vermaak te sorg.

Eerstens op die program sal die gaskunstenaars Con Grazia – ‘n talentvolle trio van beeldskone sussies – hul musikale talent ten toon stel.

Con Grazia, wat uit Syntiche, Sharon en Marchelle bestaan, sluit klassiek, jazz en kontemporêre in hulle musiek in. Hulle gebruik instrumente soos die saksofoon, viool, fluit en klavier. Die ensemble tree tydens korporatiewe – en privaatfunksies op, en is reeds maande vooruit bespreek.

Volgens organiseerder en begeleidster van Laerskool Helderkruin Carien Horn, maak die musiekgroep reeds die afgelope 16 jaar musiek.

Tydens die geleentheid sal die junior en kinderkoor van Laerskool Helderkruin, asook ander talentvolle kore soos die Magaliesberg Kinderkoor, Laerskool Roodekrans se junior en senior koor en Laerskool Horison se junior koor optree.

Allegro Con Spirito Kinderorkes sal ook tydens die koorfees hul musikale talente ten toon stel.

“Ons is opgewonde oor die massakooritem wat kunstenaars en kore saam gaan opvoer. Die koorfees beloof musiek tot elkeen se smaak. Die koorfees is ons jaarlikse kultuurhoogtepunt by Laerskool Helderkruin, en ons hoop om ‘n stampvol saal te lok”, sê Horn.

Kaartjies behoort vinnig te verkoop en belangstellendes kan vir Carien Horn by 011 764 2506 kontak vir meer inligting of vir kaartjiebesprekings.

Vir meer inligting oor die Koorfees en die gaskunstenaars, besoek www.laerskoolhelderkruin.co.za of www.congrazia.co.za.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button