Local newsNewsSchools

Hories, hou Dylan dop

Dié belowende golfspeler het groot drome vir die toekoms.

Nege-jarige Dylan Potgieter, ‘n Graad 3-leerling by Laerskool Horison, is ‘n belowende golfspeler.

Hy het vroeër vanjaar deelgeneem aan die Junior Afrika Golftoernooi by Zebula Golfbaan in Limpopo. ‘n Enorme 133 junior golfspelers tussen die ouderdomme van ses en 18 het aan die 4-dag toernooi deelgeneem, het skoolwoordvoerder Nelie Kok gesê.

“Dylan het met sy puik spel, wat insluit ‘n laaste rondte van 82, sewe baansyfers en twee voëltjies, die algehele 12de plek ingepalm.”

Sy trotse ma, Ilse Potgieter, het vertel Dylan is al sedert vier-jarige ouderdom geïnterreseerd in golf en het aan junior golftoernooie begin deelneem. Sedert 2013 is hy al lid van SA Kids Golf, waardeur hy aan beide nasionale en internasionale toernooie blootgestel is.

Dit beteken nie sukses val sommer in sy skoot nie. Baie urse se oefening, harde werk en deursettingsvermoë is wat dit verg om te kan golf. Sy afrigter, Hennie Rootman, het ook ‘n reuse aandeel in sy merkwaardige prestasie.

“Ten spyte van sy sukses is Dylan ‘n beskeie seun, sy voete stewig op die aarde,” het Nelie gesê.

Sy volgende mylpaal is om vir die Junior Europese Toernooi in 2017 te kwalifiseer. Sy golfheld is Jordan Spieth en Dylan se leuse is eenvoudig: “Geniet dit”.

“Die skool hou Dylan se golftoekoms met groot verwagtig dop.”

 

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button