Hoërskool Florida se jaarlikse Kersmark het aan elke besoeker se verwagting voldoen. Niemand is met leë hande huis toe nie.
Daar was baie stalletjies met ‘n groot verskeidenheid produkte wat gewissel het van heerlike tuisgebak tot handgemaakte horlosies, juwele en nog baie meer. As jy nie die perfekte Kersgeskenk vir daai spesiale persoon in jou lewe by dié stalletjies kon kry nie, kon jy deur die witolifanttafel se produkte snuffel.
Die kosstalletjies is goed ondersteun en niemand het honger of dors gely nie. Besoekers wat ‘n blaaskansie nodig gehad het na al die inkopies, kon die koffiehoekie besoek en ‘n lekker koppie koffie en ‘n soetdingetjie geniet.
Die kleinspan is heeldag vermaak met ritte op die treintjie sodat ma en pa rustig inkopies kon doen.
Die organiseerders van die Kersmark het die publiek vir hul ondersteuning – wat vir die sukses van die dag gesorg het – bedank.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!