NewsSchools

Havies wys hulle gee om vir ander

Hulle het 50 Kersgeskenke aan die Polise se Weduwee- en Wesefonds oorhandig

Die ouers, leerders en onderwysers van Laerskool Dr Havinga het weereens hul harte en beursies oopgemaak om te verseker dat Kersfees vir almal onvergeetlik sal wees.

Corné Jansen van Vuuren, die organiseerder van die insameling wat jaarliks vir die Polisie se Weduwee- en Wesefonds gehou word, het verduidelik, “Ons is al die afgelope 18 jaar by die Weduwee- en Wesefonds betrokke, waar ons geskenke insamel vir die kinders wat hul ouers gedurende die jaar verloor het.”

Kapelaan Christman Krige, wat die geskenke namens die Fonds ontvang het, het gesê, “Omdat dit hierdie gesinne se eerste Kersfees sonder ‘n ma of pa gaan wees, wil ons hulle herinner dat hulle nie vergete is nie en dat ons aan hulle dink”.

Corné het gesê dat hulle vanjaar 50 geskenke kon oorhandig, “Ons is so dankbaar vir elke ouer en leerder wat bygedra het, hetsy deur ‘n geskenkie of ‘n kontantdonasie. Sonder julle sou ons projek nie elke jaar ‘n sukses kon wees nie.”

Die geskenke gaan tydens ‘n pretdag aan die gekose kinders uitgedeel word. “As daar enige iemand is wat meer te wete wil kom oor ons onderskeie projekte, kan hulle my kontak by 083 655 9783,” het Christman gesê.”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Adele Bloem

Adele Bloem has been writing for the Roodepoort Record/ Northsider since 2016 and covered a range of topics, including hard, municipal, school, sport and other community articles. Since 2019, she is the editor of the two Roodepoort newspapers, ensuring every loyal reader receives a quality offering jam packed with the news they want to read.

Related Articles

Back to top button