KYK: Kruiner-haasbekkies se eerste skooldag
Groot glimlagte op hul eerste skooldag

Laerskool Helderkruin was gevul met blinkoog Graad 1’tjies wat met opgewondenheid hul eerste skooldag by die ‘grootskool’ begin het.
Alhoewel hulle effens onseker was oor presies wat vir hulle gewag het, was daar bitter min trane, en almal is met ‘n groot glimlag na hul klasse toe, gretig om nuwe dinge te leer. Van die nuwelinge kon nie wag vir pouse nie en het sommer vroeg-vroeg al in hul kosblikke geloer om te sien wat mamma vir hulle ingepak het.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!