Local newsNews

Kersvader kom besoek aflê in Roodepoort

Ouers kan hul geskenke vooraf aan Kersvader gee, wat dit dié dag sal afgelewer.

Wynand van Vollenstee, ook bekend as Gielie van Ouboet en Wors, of as Karate Kallie, wil graag vanjaar aan die gemeenskap en kinders teruggee deur hulle te verras met ‘n spesiale besoek deur Kersvader.

Wynand beplan om Kersvreugde te bring wanneer Kersvader en sy helpers op 24 Desember op ‘n versierde slee deur die strate toer. Daar sal geskenke aan die kinders uitgedeel word, mits die ouers die geskenke vooraf vir Kersvader gee. Hy sal dit dié dag aflewer. Die kinders is welkom om saam met hom ‘n foto te neem. Mense kan ook die slee in hul motors volg, en in die Kersvreugde deel.”

“Ons hoop regtig dat die gemeenskap ons sal help om by te dra tot die kinders se spesiale herinneringe aan Kersfees. Ek wil graag hê dat hulle ook Kersfees moet beleef soos ons dit as kinders beleef het,” het hy bygevoeg.

Diegene wat wil hê dat Kersvader dié dag ‘n draai by hulle moet maak en geskenke aflewer, kan vir Wynand ‘n persoonlike boodskap op Facebook (Wynand van Vollenstee) stuur. Hy sal jou dan by die WhatsApp-groep voeg waarop al die reëlings deurgegee sal word

Kliek op hierdie skakel om vir hom ‘n boodskap te stuur:

https://www.facebook.com/photo.php?fbid=2564034280302658&set=a.106468129392631&type=3&theater&ifg=1

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button