Laerskool Dr Havinga spog vanjaar met talentvolle atlete wat die Havies by die D12-atletiekbyeenkoms verteenwoordig wat vandag, Dinsdag, 3 Maart by Ruimsig Stadion gehou word.
Die tien atlete het vroeër vanjaar by die Interlaeratletiekbyeenkoms hul talente in die onderskeie items ten toon gestel. Hulle het op verskeie vlakke presteer en is gevolglik gekies om hul skool by die D12-byeenkoms te verteenwoordig.

Die Havies-atlete en hulle onderskeie items is as volg:
• Zoë Herbert in die stap
• Jason van Huyssteen in die stap
• Ruan Porter in diskus en gewigstoot
• Claudine Leus in gewigstoot
• Caitlin Matthews in hoogspring
• Divan Lubbe in hoogspring
• Kara van Eeden in gewigstoot en diskus
• Leoné van Eeden in gewigstoot en diskus
• Jennifer Khauri in hekkies
• Kayla Venter in hoogspring





