‘n Spieëlbeeld, telepatie en ‘n gedeelde lewenskrag is van die vele vreugdes om ‘n tweeling te wees.

Laerskool Florida se nuwe Graad 1-klas van 2021 het vyf pare tweelinge – twee pare identiese seuns, twee pare identiese dogters, en een paar wat uit ‘n seun en ‘n dogter bestaan. Hulle het dit miskien nog nie besef nie, maar die potensiaal vir grappies en misverstande sal onbeperk wees as hulle hul spesiale kragte reg gebruik.

Wanele and Onwele Vilakazi, en Joshua en Luke Smith is die twee pare identiese seuns. Leanie en Lizaan Pretorius is saam met Lumé en Mihla Coetzer die twee pare identiese dogters, en Ontirentse en Oridile Molokoane is die tweeling wat nie hul onderwysers sal kan verwar nie.

Vir die volgende 12 jaar sal hulle al die lief en leed met die liefdevolle ondersteuning van hul ander helftes kan ervaar.








