KYK: Gedenkdiens van geliefde Havies juffrou, Simoné van Zyl
Die 26-jarige Simoné was 'n liefdevolle vrou, 'n sorgsame suster, 'n fantastiese dogter en 'n ongelooflike onderwyseres.
Die gedenkdiens van geliefde Havies juffrou, Simoné van Zyl, sal Saterdag, 1 Mei om 12nm regstreeks uitgesaai word.
Die 26-jarige Simoné is op 29 weke van haar swangerskap in die hospitaal opgeneem nadat sy erge hoofpyn ervaar het en haar voete geswel het. Sy is met HELLP-sindroom gediagnoseer en ‘n noodkeisersnee moes gedoen word om haar dogter se lewe te red.
Lees oorspronklike artikel hier: Havies en gemeenskap rou oor dood van jong onderwyseres
Sy het 14-dae na die geboorte van haar dogter Juané, op Sondag, 18 April tragies gesterf.
Die gemeenskap was in rou gedompel na die afsterwe van iemand wat hulle gesien het as ‘n liefdevolle vrou, ‘n sorgsame suster, ‘n fantastiese dogter en ‘n ongelooflike onderwyseres.
Simoné se gedenkdiens sal op YouTube uitgesaai word en kan hier gesien word:



