Hallo, Roodepoort!
As jy 'n storie het van oorwinning, inspirasie, 'n spesiale talent of buitengewone gebeurtenis, moet asseblief nie huiwer nie om 'n epos na lanie@caxton.co.za te stuur.
Hulle sê jy vergeet nooit die kuns van fietsry nie. In my geval is die spreekwoordelike fiets om my gemeenskap se stories te vertel.
Nadat ek my joernalistieke indiensopleiding by die Randfontein Herald voltooi het, en vir die Krugersdorp News geskryf het, het ek besluit om terug te keer na die strate waar ek as kind leer fietsry het – Roodepoort.
Die stad, met al sy mense, stories en herinneringe lê tog iemand wat hier gebore en getoë is, na aan die hart. Al staar die ‘nuwe normaal’ ons tans in die oë, is ek opgewonde om masker-en-al die strate in te vaar en die stories van die stad en sy mense te vertel.
As jy ‘n storie het van oorwinning, inspirasie, ‘n spesiale talent of buitengewone gebeurtenis, moet asseblief nie huiwer nie om ‘n epos na lanie@caxton.co.za te stuur.



