Local newsNews

Tussen Sterre-sanger se lig skyn helder

'Covid-19 het my geïnspireer om meer voluit te lewe,'

Plaaslike kunstenaar, Jan-Mattys van Lill, wat ‘n lid is van die bekende musiekgroep, Tussen Sterre, bly skitter ten spyte van die Covid-19 pandemie.

Inteendeel, dié toegewyde kunstenaar het die geleentheid aangegryp om veelsydiger te raak en sy vaardighede op te skerp.

“Ek het gedurende die inperking begin musiek skryf vir my sololoopbaan, en het ook weer begin swot om my te bekwaam as ‘n fiksheidinstrukteur,” het hy vertel.

“Covid-19 het my geïnspireer om meer voluit te lewe want môre is nie vir enigeen van ons belowe nie. Droom groot, werk hard en geniet nou.”

Jan-Mattys, ook bekend as JM, sing al sedert die ouderdom van ses. Sy eerste optrede was by ‘n aftree-oord saam met sy ouma en dit, meen JM, is waar die gogga gebyt het. Op 10 het hy sanglesse begin neem en is nie ‘n oomblik daaroor spyt nie.

Hy het 10 jaar lank afrigting ontvang voordat hy self musiekstudente begin afrig het.

Jan-Mattys van Lill geniet dit om op die verhoog te wees. Foto: Ingestuur.

“Ek moet die dank aan my ouma en oupa sowel as my ouers gee. Hulle het my talent raakgesien en besluit dat sanglesse my voorland is. Ek was permanent honger om meer te leer. Dit het net my passie vir musiek vergroot, en my beroep geword,” het hy vertel.

Vit dié 30-jarige kunstenaar is daar geen beter gevoel as om op die verhoog te wees terwyl die gehoor saamsing met ‘n liedjie wat hy self geskryf het nie. Vir JM kan daardie gevoel nie in woorde uitgedruk word nie.

Alhoewel sy passie rockmusiek is, het hy gou besef dat die pop-genre vir hom beskore is. Hy het egter graag oor die jare met verskillende genres geëksperimenteer.

Jan-Mattys van Lill gebruik Covid-19 as ‘n geleentheid om sy vaardighede op te skerp. Foto: Ingestuur.

Hy het selfs ongeveer vyf jaar gelede sy eie musiekskool, JM Music Academy geopen en is nog nie een dag spyt daaroor nie.

“Elke student wat by my klas kry inspireer my deur die manier waarop hulle aan hul eie musiek werk, en hoe hulle na die musiekbedryf kyk. Daar is niks interessanter as om te sien hoe die bedryf deur die oë van ‘n kind lyk nie. Elkeen van hulle vernuwe elke dag weer my uitkyk en lus vir musiek,” het hy gesê.

Buiten Tussen Sterre en sy soloprojek (Jan Mattys) behoort hy vir die afgelope agt jaar ook aan ‘n akoestiese ‘cover’-musiekgroep, genaamd Mat Martin. Hy spog met aanhangers van regoor die land aangesien hy al by amper elke Suid-Afrikaanse fees opgetree het – van Aardklop tot Inniebos, en self Oudtshoorn se KKNK, om net ‘n paar te noem.

Sy grootste prestasie tot dusver is toe Tussen Sterre in 2018 ‘n Goema-toekenning vir hul eerste album ontvang het.

“Ek wil graag dieselfde hoogtes en meer as solokunstenaar in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf bereik. My nuwe EP (extended play) gaan juis oor die nuwe avonture wat voorlê en ek kan nie wag om te sien waarheen dit my vat nie,” het JM gesê.

Indien jy meer wil weet oor JM en waarmee hy besig is, besoek gerus JM Music Academy op YouTube, en JM music academy op Facebook.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button