NewsSchools

Jong skaakspeler koning van die bord

Sy prestasie in die gesogte toernooi het ook daartoe gelei dat hy vir 'n derde opeenvolgende jaar gekies is om Suid-Afrika te verteenwoordig.

Een van Laerskool Helderkruin se Graad 7-leerders, Edward Potgieter het weereens al die regte skuiwe gemaak toe hy gedurende die Julie-vakansie aan die Suid-Afrikaanse Geslote Skaak Kampioenskappe deelgeneem het.

Hy het ‘n algehele derde plek in die o.14 Ope-afdeling behaal. Wat die prestasie so merkwaardig maak is dat hy as ‘n junior deelnemer teen senior opponente, wat reeds in die hoërskool is, meegeding het.

Sy prestasie in die gesogte toernooi het ook daartoe gelei dat hy vir ‘n derde agtereenvolgende jaar gekies is om Suid-Afrika by internasionale toernooie te verteenwoordig.

Die eerste toernooi sal die FIDE Online World Cadets & Youth Rapid World Cup wees. Dié toernooi word as ‘n elitebyeenkoms beskou waaraan slegs die wêreld se beste 200 skaakspelers mag deelneem.

Edward sal by hierdie internasionale toernooi sy Suid-Afrikaanse kleure vir ‘n derde jaar verdien.

Dié slim Kruiner sien ook uit om later vanjaar aan die Afrika Kampioenskappe en die Afrika Skole Kampioenskappe deel te neem. Die toernooie sal onderskeidelik in Kenia en Ghana plaasvind.

Laerskool Helderkruin is trots op Edward en wens hom sterkte toe met al die toernooie wat voorlê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button