MunicipalNews

Ontmoet die VF+ se burgemeesterskandidaat

Hy staan ook in Wyk 71 wat bestaan uit Princess AH, Witpoortjie, Groblerpark, Lindhaven en Davidsonville.

Franco Carel de Lange, 45, burgemeesterskandidaat en plaaslike regering-kandidaatraadslid vir Wyk 71, het onlangs vrae oor die komende verkiesings beantwoord.

V: Wat sou jy anders doen as die huidige wyksraadslid?
A: Sover as moontlik sal ek as verkose raadslid in Wyk 71 met alle organisasies en groepe in die wyk ‘n maandelikse vergadering reël vir terugvoer en ook kwessies aanspreek. Tans is wykskomitees te klein om die hele wyk te dien.

V: Hoe is jy betrokke by die gemeenskap?
A: Ek woon al 26 jaar in Johannesburg en ses jaar in Roodepoort, en is betrokke by uitreike deur my kerk waar ons werk onder alle minderbevoorregte gemeenskappe doen.

V: Watter ervarings uit die verlede maak jou uniek gekwalifiseer vir hierdie rol?
A: Ek betree nou my vierde termyn in die Stadsraad en is al vanaf 2009 ‘n VF Plus-verteenwoordiger in Johannesburg. Ek verstaan hoe die Raad funksioneer en het al deur onderhandelinge in 2013 en 2018 afslag vir alle pensioenarisse in die Stad op hul grondbelasting beding. Pensioenarisse ouer as 70 jaar en eiendomswaardes onder R2,5 miljoen ontvang tans 100% afslag op hul grondbelasting, en dit is deur die VF+ onderhandel.

V: Wat is jou visie vir jou wyk?
A: Die VF plus dra die belange van belastingbetalers op die hart. Ek sal deur onderhandeling soveel as moontlik van die munisipale belastings wat inwoners in Wyk 71 betaal terug na die wyk kanaliseer deur ons eie fondse vanuit die wyk te gebruik vir onderhoud en dienslewering.

V: Hoe voel jy kan hierdie visie bereik word?
A: Die visie sal net bereik kan word indien daar ‘n sterk koalisiestadsraad gevorm kan word waar verantwoordelike politieke partye ‘n span vorm teen die regering en so die ANC by die stembus verslaan op 1 November.

V: Hoe weerspieël jou party jou persoonlike oortuigings?
A: Die VF Plus veg vir jou en my regte op vele vlakke, maar vir die verkiesing is ons boodskap ‘STOP DIE VERVAL’. Ek weet my Party wil veilige, skoon, goed onderhoude wyke vir ons kiesers skep waar ons belastinggelde nie vermors of gesteel gaan word nie.

V: Vertel die inwoners van jou wyk in 50 woorde of minder waarom hulle vir jou moet stem.
A: Dit gaan nie net oor my as kandidaat in Wyk 71 nie maar ook oor die inwoners en hul belange. As jy ‘n eerlike, deursigtige en korrupsievrye politieke party wil hê om jou in Johannesburg te verteenwoordig, en deur jou stem op 1 November ‘n raadslid met jare se ondervinding en ‘n goeie rekord aangaande klagtehantering en probleemoplossing wil hê, staan op en gaan stem VF Plus op 1 November!!!

Die munisipale verkiesing vind plaas op Maandag, 1 November.

Kandidaatraadslede wat hulself aan die publiek wil voorstel word gevra om die Record voor Donderdag, 21 Oktober te skakel.

DISCLAIMER: Caxton Local Media is always objective. When we report on the views of politicians or political parties, the reasonable reader should be able to gather that the views are those of the interviewees, and not of the publication interviewing them. If an editor believes that there may be room for doubt in this regard, a disclaimer will be added to the reporting, stating: “The views expressed in this report were expressed by the relevant interviewee(s) and the party or parties they represent, and are not held by this publication.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button