Local newsNews

Havies vaar goed by D12-atletiekbyeenkoms

'Slegs die beste 12 atlete in hul onderskeie items van skole in die Distrik het gekwalifiseer om aan die kampioenskappe deel te neem.'

Op Woensdag, 16 Februarie het die beste laerskoolatlete van die D12-distrik meegeding om hul plek in die Gauteng-span te verseker.

Dié kampioenskappe waaraan Johannesburg-Wes se topatlete deelgeneem het, is deur die Roodepoort Atletiek en Landloopkomitee aangebied. Hulle is bygestaan deur die Distrikkantoor van die Gautengse Onderwysdepartement.

Laerskool Dr Havinga word deur hul beste atlete verteenwoordig. Foto: Verskaf.

Personeel van Laerskool Dr Havinga en Laerskool Roodekrans is onder andere lede van die komitee.

Volgens Havies-hoof Marius Swanepoel, wat ook die byeenkomsondervoorsitter was, het slegs die beste 12 atlete in hul onderskeie items van skole in die Johannesburg-Wes Distrik gekwalifiseer om aan die kampioenskappe deel te neem.

“Skole word in verskillende groepe geplaas wat dan hul eie byeenkomste hou, waarna die bestes uit die Cluster-byeenkomste vir die D12 Kampioenskappe kwalifiseer. Die eerste en tweede plekke van elke item in die o.9- tot o.13-ouderdomsgroep kwalifiseer dan om aan die Gauteng Kampioenskappe deel te neem,” het hy vertel.

Laerskool Dr Havinga word deur hul beste atlete verteenwoordig. Foto: Verskaf.

By Laerskool Dr Havinga het 25 atlete aan 35 items deelgeneem, en hulle het sewe eersteplekke en sewe tweedeplekke behaal.

“Ons is dankbaar dat almal tevrede was met die verloop van ‘n puik byeenkoms. Ons wil hiermee graag ook al ons kinders geluk wens wat ons skool so mooi verteenwoordig het,” het Marius ten slotte vertel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button