Local newsNews

Florries Prestigebyeenkoms spog met 22 nuwe rekords

Dit was die skool se 26ste suksesvolle Florries Prestigebyeenkoms waartydens hulle gasheer was vir agt ander skole van regoor Gauteng.

Hoërskool Florida het onlangs hul gesogte Florries Prestige Atletiekbyeenkoms by die Universiteit van Johannesburg (UJ) se Atletiekstadion aangebied.

Volgens byeenkomsorganiseerder, Di Woolley was dit die skool se 26ste suksesvolle Florries Prestigebyeenkoms waartydens hulle gasheer was vir agt ander skole van regoor Gauteng.

Een van die Florries-atlete in aksie. Foto: Verskaf.

Die skole is Hoërskool Linden, Afrikaanse Hoër Meisieskool, Afrikaanse Hoër Seunskool, Hoërskool Hugenote, Hoër Tegniese Skool Middelburg, Vereeniging Gimnasium, Bergsig Akademie en Hoërskool Centurion.

Een van die Florries-atlete in aksie. Foto: Verskaf.

Florries het met trots aangekondig dat daar 22 nuwe rekords tussen die nege skole opgestel is. Hoërskool Florida het vyfde geëindig met een nuwe rekord, drie eersteplekke, drie tweedeplekke en agt derdeplekke.

Die Florries-atlete se prestasies is soos volg:
• Sam Dlamini – Twee eersteplekke (100m en verspring)
• Keanu Nel – Eersteplek (diskus)
• Carlito Matladi – Tweedeplek (200m)
• Crystal-Leigh Schaper – Tweedeplek (diskus)
• Duan Labuschagne – Tweedeplek (spiesgooi)
• Shade Hendriks – Twee derdeplekke (200m en 100m hekkies)
• Conner Rooney – Derdeplek (400m)
• Wilma Laban – Derdeplek (300m hekkies)
• Tanisha Barnes – Derdeplek (300m hekkies)
• Hendriette van der Merwe – Derdeplek (hoogspring)
• Miguel Azevedo – Derdeplek (diskus)
• Hanré van Rooyen – Derdeplek (spiesgooi)

Een van die Florries-atlete in aksie. Foto: Verskaf.

Die skool is trots op die atlete se prestasies, in besonder op Sam wat ‘n nuwe rekord in die verspring vir seuns o.19 opgestel het, sowel as Crystal-Leigh en Miguel wat as die atlete van die week aangewys is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button