NewsSchools

AfriForum praat besigheid met skole

"Die kompetisie sal leerders ook aanmoedig om ’n verskil in die samelewing en in ons land te maak,'

Die burgerregteorganisasie AfriForum se Besigheidsbytjiesspan het op 14 Maart by Laerskool Roodekrans, Laerskool Helderkruin en Laerskool Muldersdrif besoek afgelê as deel van ‘n bemarkingstoer vir hul aanlyn entrepreneurskompetisie.

Raising Brightness, ook ’n borg van die kompetisie, toer saam met AfriForum om hule boek en kursus, Bou ’n Besigheid, bekend te stel. AfriForum het reeds in 2019 die Besigheidsbytjies-entrepreneurskompetisie met groot sukses aangepak.

Volgens AfriForum se bestuurder vir Jeugleierskap, Leandie Bräsler is die kompetisie intussen uitgebrei om voorsiening te maak vir hoërskoolleerders wat ’n passie en kop het vir besigheid.

Hierdie jaar spog dié kompetisie met twee splinternuwe kategorieë, naamlik die AfriForum Wêreldwyd-kategorie (vir Suid-Afrikaners in die buiteland) en die Saai-kategorie (entrepreneurs wat ’n liefde het vir landbou).

Yolanda Grobler van Raising Brightness vertel die leerders meer oor haar boek, Bou ‘n Beisgheid. Foto: Verskaf.

“AfriForum glo die kompetisie sal leerders se leierseienskappe ontwikkel en hulle leer om self verantwoordelikheid te neem om hul unieke en innoverende idees uit te voer en om veerkragtig te wees. Dit sal hulle ook aanmoedig om ’n verskil in die samelewing en in ons land te maak. Ons kinders is immers die leiers van die toekoms, en hulle kan hoop skep deur van jongs af aan hul toekoms te bou,” het Leandie vertel.

Nadat AfriForum Sakenetwerk in 2017 met die Entrepreneur van die Jaar-kompetisie begin het, het hulle gesien dat daar ook kinders is wat graag wil deelneem en hul entrepreneursvaardighede ten toon wil stel.

Volgens bestuurder van AfriForum Sakenetwerk, Sanderien van der Walt is dit die vierde jaar dat AfriForum die Besigheidsbytjies-entrepreneurskompetisie aanbied. Dit is vir hulle verblydend om te sien hoe die belangstelling jaarliks vermeerder en dat kinders ook raaksien hoe belangrik hul ondernemings vir die ekonomie van Suid-Afrika is.

“Raising Brightness se Bou ’n Besigheid vir jong entrepreneurs is ’n kursus vir kinders oor hoe om ’n besigheid op ’n jong ouderdom te bou. Dit fokus is op hoe geld gemaak kan word en hoe om probleme op te los,” het stigter van Raising Brightness, Yolanda Grobler vertel.

Die kursus dek onderwerpe soos ideegenerering vir ’n besigheid, hoe om ’n naam en logo te kry, kosteberekening, bemarkingstrategieë, asook lekker praktiese elemente soos hoe om ’n webblad en pamflette te ontwerp. Leerders kan individueel deur die boek werk of aanlynklasse bywoon.

Leerders, ouers en onderwysers kan www.besigheidsbytjies.co.za besoek vir meer inligting of om in te skryf vir dié kompetisie. Aanlyninskrywings open 5 April en daar is ook ’n kontantprys vir die skool met die meeste inskrywings. Stuur gerus ’n epos na besigheidsbytjies@afriforum.co.za vir meer inligting.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button