Local sportNewsSchoolsSport
Havies blink uit in karate
Havies sien daarna uit om die vordering dop te hou van die karatekas waarop hulle so trots is.
Laerskool Dr Havinga is in hul skik met twee van hul bloubloed Havies wat uitblink in die karate-dojo.
Nizel Alberts (Graad 6), wat ‘n lid van Roodepoort Karate Centre JKA is, het onlangs aan die Gauteng Karate Kompetisie deelgeneem waar sy gekwalifiseer het om aan die nasionale kompetisie deel te neem.

Die skool spog ook graag met ‘n ander Graad 6-leerder, Kailum Baburam van Horizon Karate Centre wat onlangs sy Gauteng-kleure in karate ontvang het.
Havies sien daarna uit om die vordering dop te hou van die karatekas waarop hulle so trots is.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



