Afriforum Roodepoort-tak en Beagle Watch skep bewusmaking oor veiligheid
Gemeenskapslede is gemotiveer om betrokke te raak by projekte in hul omgewing.
Die AfriForum-tak in Roodepoort het op 26 Maart in samewerking met die Kloofendal-veiligheidsgroep en Beagle Watch Armed Response ’n veiligheidsaksie gehou.

Die Roodepoort-tak het die oggend van 28 Maart bewusmaking onder motoriste geskep oor veiligheid in hul gemeenskap en inligting deurgegee oor alles wat in hul omgewing gebeur. Die tak het gemeenskapslede ook gemotiveer om betrokke te raak by projekte in hul omgewing, en slaggate gevul om die strate meer gangbaar te maak vir motoriste. Die tak beplan om komende naweek ’n skoonmaakprojek in dieselfde omgewing te hou.
“Projekte soos dié is nodig om die gemeenskap bewus te maak van wat in hul omgewing aangaan. Dit is tyd dat almal moet begin proaktief optree, want enigiemand kan ’n slagoffer van misdaad wees,” het Stephanus Blignault, AfriForum se distrikskoödineerder vir die Wes-Rand gesê.
Die organisasies sal Saterdagoggend 2 April ‘n skoonmaakaksie op die hoek van Christiaan de Wet- en Jim Fouchéweg hou; bring gerus jou plastieksakke om jou ondersteuning te wys.




