Laerskool Dr Havinga is trots op twee van hul leerders wat tydens die vakansie aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Junior Rolbalkampioenskappe deelgeneem het.
Tydens die geleentheid het Aiden Pretorius en Keagan Grobler albei bronsmedaljes in hul afdeling verower. Dié byeenkoms het van 28 Maart tot 1 April in Bloemfontein plaasgevind.
Vyftien o.15-spanne en 30 o.20-spanne van distrikte regoor Suid-Afrika het deelgeneem, insluitend Kaapstad, Durban, Potchefstroom, Vrystaat en Gauteng, asook Namibië.
Junior rolbalspelers het met groot ywer hul distrikte op die rolbalbane verteenwoordig in die formaat van vier spelers per span, ook bekend as ‘Fours’.
Die Havie-familie is trots op Aiden en Keagan, en hul puik prestasie.



