NewsSchools

Bastion-rolbalspelers blink uit

Vyftien o.15-spanne en 30 o.20-spanne van distrikte regoor Suid-Afrika het aan die kampioenskappe deelgeneem.

Twee rolbalspelers van Hoërskool Bastion het onlangs goed gevaar toe hulle aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Junior Rolbalkampioenskappe deelgeneem het.

Matriekleerder Amelia Diedericks en hoofseun Zacko Theron het van 28 Maart tot 1 April aan dié kampioenskappe in Bloemfontein deelgeneem.

Vyftien o.15-spanne en 30 o.20-spanne van distrikte regoor Suid-Afrika, insluitend Kaapstad, Durban, Potchefstroom, Vrystaat en Gauteng, asook Namibië het aan die kampioenskappe deelgeneem.

Spelers onder die ouderdom van 20 het met groot ywer hul distrikte op die rolbalbane verteenwoordig in die formaat van vier spelers per span, ook bekend as Fours.

Amelia het die Sables o.20B-span verteenwoordig, terwyl Zacko vir die Sables o.20A-span gespeel het. Amelia se span het 27ste geëindig, terwyl Zacko se span ‘n algehele sewende plek verower het.

Hoërskool Bastion is trots op die rolbalspelers en hul puik prestasies.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button