Local sportNewsSchoolsSport

Kruiner-swemmer verower goud

Die Kruiner-familie wens vir Matteo geluk met sy prestasies en is saam met hom trots.

Laerskool Helderkuin se Matteo Krog het onlangs baie goed presteer toe hy twee gouemedaljes by die SA Level 3 Regional Age Group Swemkampioenskappe verower het.

Dié Graad 7-leerder het die 50m borsslag in 40,10 sekondes voltooi, en was ook lid van die 4 x 50m wisselslagaflosspan vir seuns (13 en onder) wat die afstand in 2:21.70 afgelê het.

Hy het ook gekwalifiseer vir die finale uitswemrondtes in die volgende items:
• 100m borsslag – eindig sewende
• 200m borsslag – eindig vierde
• 200m wisselslag – eindig agste
• Seuns 13 en onder: 4 x 100m vryslagaflos – eindig vyfde
• Seuns 13 en onder: 4 x 50m wisselslagaflos – span eindig vyfde

Dié dag het 11 swemmers van Matteo se swemklub – die Aquafins-swemklub – aan die kompetisie deelgeneem en het agste uit 67 klubs geëindig.

Die Kruiner-familie wens vir Matteo geluk met sy prestasies en is saam met hom trots.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button