Local newsNews

KYK: Kerk se massaprojek maak warm en versadig

Die Hervormde Gemeente Kruin in Roodepoort het onlangs na die Tower of Life-skuiling vir haweloses en behoeftiges uitgereik as deel van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika se landswye Word Warm-projek.

Die Hervormde Gemeente Kruin in Roodepoort het onlangs na die Tower of Life-skuiling vir haweloses en behoeftiges uitgereik as deel van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika se landswye Word Warm-projek.

Die Tower of Life-skuiling vir haweloses en behoeftiges in die Krugersdorp-middedorp. Foto: Kondor Photographic

Items asook kledingstukke wat in hul gemeente ingesamel is asook ‘n heerlike warm voorbereide ete is op Vrydagaand, 22 April by Tower of Life uitgedeel.

Verskeie items was ook ingesamel. Foto: Kondor Photographic

Volgens ‘n amptelike verklaring van die Hervormde Gemeente Kruin was die doel van die projek om, “… ons roeping tot barmhartigheid te gehoorsaam, en die winterkoue vir diegene wat blootgestel is te verlig deur ‘n verskeidenheid items te skenk aan mense in nood om hulle te help om warm te word”.

• Navrae: Kontak vir Riana Crouse by 076 812 8280.

Kyk video hier: https://youtu.be/F6JDspFCs 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button