NewsSchools

Onderwysers laat diep spore by Florries

Die skool wens die onderwysers wat hul onderwysloopbane in ander provinsies gaan voortsit alle sterkte, geluk en vrede toe.

Hoƫrskool Florida het onlangs van drie bekwame onderwysers afskeid geneem.

Volgens die Florrie-familie het onderwysers Rassie Erasmus en Marietjie Bezuidenhout diep spore by Hoƫrskool Florida en in die harte van vele leerders op sport- en kultuurgebied getrap. Hul betrokkenheid en persoonlike ondersteuning sal vir altyd gekoester word.

Marietjie Bezuidenhout word gegroet. Foto: Verskaf.
Rassie Erasmus word gegroet. Foto: Verskaf.

Verder het onderwyser Ilse Viljoen met die intrapslag by die skool reeds bewys dat sy ‘n diamantonderwyser is, wat haar leerders altyd eerste gestel het. Selfs op welwillendheidsvlak het sy haarself goed van haar taak gekwyt.

Die skool wens die onderwysers wat hul onderwysloopbane in ander provinsies gaan voortsit alle sterkte, geluk en vrede toe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button